• +27 (0) 44 802 4534
  • This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

MASKS FOR GEORGE DEEL MASKERS UIT

Star InactiveStar InactiveStar InactiveStar InactiveStar Inactive
 

Die George Hospitaal Trust se #masksforgeorge-projek het reeds honderde maskers aan organisasies uitgedeel om te help keer dat die koronavirus versprei.

'n Groot donasie deur Silverguard Textiles het verseker dat die Trust 'n groot aantal anti-bakteriese maskers kon versprei. 

Volgens Silverguard is deur laboratoriumtoetse bewys dat die anti-bakteriese maskers, wat silwer bevat, die vermoë het om die koronavirus se lewensvatbaarheid op lap te verminder.

Die komponente van die anti-bakteriese maskers is beskikbaar en kan apart bestel word vir werkskeppingsgroepe sodat dit plaaslik vervaardig kan word. Mense wat belangstel, kan Lucille Zwanepoel kontak by 078 139 2179 of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..

Van die organisasies wat anti-bakteriese maskers ontvang het, is die George-hospitaal, die Bethesda Kinder- en Jeugsorgsentrum en Kingswood Ladies that Care-groep.

By die hospitaal is die maskers beskikbaar gestel vir die kinder- en Covid-19-eenhede, asook vir personeel.

Maria Dantile van die huishoudingshulpafdeling in die pediatriese eenheid.

Die Bethesda Kinder- en Jeugsorgsentrum, waar 28 kinders tans versorg word, het maskers van Brenda Vorster, 'n lid van die Hospitaal Trust, ontvang. Bethesda huisves kinders buite hul gesinsomgewing en het spesifieke programme wat rondom die kinders se behoeftes ontwikkel is. Dit sluit in berading, gedragsverandering, onafhanklike lewensvaardighede, opvoedkundige bystand en vele meer. 

Die sentrum verwelkom die betrokkenheid van vrywilligers en donasies van lewensmiddele soos klere. Mense wat wil hup verleen, kan hulle kontak by 044 875 8088.

Die Kingswood Ladies that Care, onder leiding van Maryna Kimble, het 'n voedselprogram begin wat 'n groot impak het op die lewens van meer as 100 behoeftige kinders en gesinne in George. Hulle deel die maskers uit onder die behoeftige mense wat hulle bedien. 

Die groep verskaf warm etes, vars groente en vrugte, jogurt, toebroodjies en toiletpapier danksy donasies van inwoners van Kingswood en ander gebiede in die Tuinroete. Hulle het ook 'n klein skooltjie geopen vir inwoners van die 'Hoenderhokke' in Pacaltsdorp waar vrywillige onderwysers kinders en tieners onderrig.

Personeel wat maskers in ontvangs geneem het, van links: sr. Sarah Murray (assistentbestuurder: verpleging), sr. Drusilla Williams (assistentbestuurder: verpleging), sr. Saria van As, sr. Laetitia Minnaar (operasionele bestuurder: pediatriese eenheid).


© 2024 George Hospital Trust. All Rights Reserved. Brand Management & Design by www.blazeinnovate.co.za